PSALM 23
Afrikaans version


Die Here is my Herder

Die Here is my herder;
niks sal my ontbreek nie.

Hy laat my neerle in groen weivelde;
na waters waar rus is,
lei Hy my heen.

Hy verkwik my siel;
Hy lei my in die spore van geregtigheid,
om sy Naam ontwil.

Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee,
ek sal geen onheil vrees nie;
want U is met my:
u stok en u staf die vertroos my.

U berei die tafel voor my aangesig teenor my teestanders;
U maak my hoof vet met olie;
my beker loop oor.

Net goodheid en guns sal my volg al die dae van my lewe;
en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.

Amen.


Last revised on 26 February 2017.